Menslike-ontwikkelingsindeks

Wêreldkaart wat die Menslike-ontwikkelingsindeks volgens lande aandui (op basis van data vir 2018, gepubliseer 2019).[1]
██ 0.800–1.000 (baie hoog) ██ 0.700–0.799 (hoog) ██ 0.550–0.699 (medium) ██ 0.350–0.549 (laag) ██ Data onbeskikbaar

Die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI, Engels: Human Development Index (HDI)) is 'n vergelykende maatstaf van lewensverwagting, geletterdheid, opvoeding, en lewenstandaard vir al die lande van die wêreld. Dit bied 'n standaard wyse om welstand te meet, veral kinderwelstand. Dit word gebruik om te bepaal en aan te dui of 'n land ontwikkelde, ontwikkelende, of onderontwikkelde land is en om die impak wat ekonomiese beleide op lewensgehalte het, te meet.[2] Die indeks is in 1990 deur die Indiese Nobelpryswenner Amartya Sen, Pakistanse ekonoom Mahbub ul Haq, met ondersteuning van Gustav Ranis van Yale Universiteit en Lord Meghnad Desai van die London School of Economics ontwikkel en word sedertdien deur die ontwikkelingsprogram van die Verenigde Nasies in die organisasie se jaarlikse menslike-ontwikkelingsverslag gebruik. Hoewel dit deur Sen as 'n "growwe meting", beskryf is as gevolg van die beperkings daarvan, vestig dit nogtans aandag op aspekte van ontwikkelings wat nie deur per capita-inkomste gedek word nie.

Die indeks meet gemiddelde prestasie in 'n land in drie basiese dimensies van menslike ontwikkeling:

  • 'n Lang en gesonde lewe soos gemeet deur lewensverwagting met geboorte.
  • Kennis, soos gemeet deur die volwassegeletterheidstydskoers (met twee-derdes gewig) en die gekombineerde primêre, sekondêre, en tersiêre bruto inskrywingsverhouding (met een-derde gewig).
  • 'n Ordentlike lewenstandaard soos gemeet deur die logaritme van bruto binnelandse produk (BBP) per capita teen koopkragpariteit (KKP) in VSA dollar.

VN-lidlande word elke jaar volgens die metings gelys en rangskik. Lande wat hoog op die lys verskyn gebruik dit om geskoolde immigrante te lok of emigrasie te ontmoedig[3]

'n Alternatiewe maatstaf, die Menslike-armoede-indeks, fokus op die mate van armoede in 'n land.

  1. "Human Development Report 2019 – "Human Development Indices and Indicators"" (PDF). HDRO (Human Development Report Office) United Nations Development Programme. pp. 22–25. Besoek op 9 Desember 2019.
  2. "Davies, A. and G. Quinlivan (2006), A Panel Data Analysis of the Impact of Trade on Human Development, Journal of Socioeconomics" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 April 2008. Besoek op 14 Julie 2007.
  3. Toespraak deur Jean Chrétien, voormalige Eerste Minister van Kanada[dooie skakel]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search